Byeenkomste

Sparticus Skaakklub kom bymekaar op die Donderdagaand (voor 'n toernooi) om 18:30 by Hoërskool Secunda. Die oogmerk is om te speel en voorbereiding te tref vir die Saterdag toernooi.

Klublede word versoek om hulle eie borde en stukke (en indien moontlik ook klokke) saam te bring. Die klub beoog om met verloop van tyd klokke, borde en stukke aantekoop.

Die klub gaan ook amptelike toernooie hou (wat ook gegradeer gaan word deur CHESSA). Sien die "Toernooi"-blad vir datums van ons toernooie.