Afrigting

Sparticus Skaakklub bied afrigting aan lede wat belangstel. Die afrigting sal geskied in 2 afdelings:

Die doel van die afrigting is om die spelpeil van spelers te verbeter. Daar word van die spelers verwag om te werk in skaak gedurende die week, en die afdelings wat gedoen is te bemeester. Dit help nie as spelers afrigting ontvang maar nie weer daarna kyk tot die volgende sessie nie.

Daar word verwag van die spelers wat afrigting ontvang om die informele byeenkomste en die ranglys kompetisies bytewoon.

Afrigting vind plaas by Hoërskool Secunda op Maandae van 18:00 tot 19:00 vir beginners, en op Donderdae (18:30 - 19:30) vir die ander groep.

Afrigting vind slegs plaas gedurende die skooltermyn en nie in die skoolvakansie nie.

Die Beginners sal skaak van die begin geleer word:

Die wat al kan speel sal meer gevorderde tegnieke geleer word:

Ongelukkig is daar kostes aan verbonde. Die kostes beloop 'n bedrag van R 150 per persoon per maand.

Tydens afrigting kan skaakliteratuur aan die spelers voorsien word, en spelers word versoek dit saamtebring na die afrigting sessies. Daar mag ook literatuur op hierdie blad geplaas word wat die spelers kan aflaai. Die dokumente sal in pdf formaat wees.